FIXTURESNo upcoming fixtures — check back soon.
FORUM / RUGBY /  Erasmus rumors won't go away

Erasmus rumors won't go away

Started by Brycy5 REPLIES283 VIEWS· 28 Mar 2017, 01:57
SHAREXFACEBOOKWHATSAPPTELEGRAMREDDITLINKEDIN
BR
BrycyPro4,671 posts
28 Mar 2017, 01:57
#1
28 Mar 2017, 01:57#1
...Rassie Erasmus is, in ’n verstommende U-draai, straks nog voor die Springbokke se drie tuistoetse teen Frankryk in Junie terug in Suid-Afrikaanse rugby.

Rapport verneem onderhandelinge tussen die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en Erasmus se Ierse klubspan, Munster, om dié voormalige Bok-flank se terugkeer te bewerkstellig, is in ’n gevorderde stadium. Drie onberispelike bronne het aan Rapport gesê sy terugkeer is nou “ ’n blote formaliteit”.

Erasmus sal in sy vorige pos – as Saru se direkteur van rugby – aangestel word, skaars ’n jaar nadat hy skielik uit dié pos bedank het.

Die voormalige Cheetahs- en Stormers-afrigter het in April verlede jaar ’n aanbod aanvaar om hom as direkteur van rugby by Munster aan te sluit, te midde van gerugte van ’n uitval met Oregan Hoskins, Saru se afgesette president, en kort nadat Allister Coetzee as Bok-afrigter aangestel is.

Sou Erasmus terugkeer, sal hy na verneem word beheer hê oor die Bokke, die Junior Bokke, die Blitsbokke en die Suid-Afrikaanse skolespan.

In hoe ’n mate Erasmus by die Springbokke betrek sal word, is egter steeds duister – nadat Coetzee onlangs die valbyl oorleef het ná die Bokke se vrotsige 2016-toetsjaar.

Saru se aanvanklike plan, ná verlede jaar se mislukte toer na Europa, was om Erasmus in Coetzee se plek as hoofafrigter aan te stel.

Daardie onderhandelinge het egter ontspoor toe Saru se uitvoerende bestuur besluit het dat Coetzee se prestasiebeoordeling eers ná die drie toetse teen Frankryk kan geskied.

’n Finale besluit oor of hy (Coetzee) as Bok-afrigter sal aanbly, sal dus eers ná die reeks teen die Hane geneem word.

Die moontlikheid bestaan egter dat Erasmus by Coetzee kan oorneem, sou dié Kapenaar wel gepos word.

Erasmus se vertrek het verskeie turksvye vir die land se rugbybase opgelewer, insluitend die kontraktering van nasionale spelers, die aanstelling van die afrigtingspan van die Junior Bokke en die funksionering van Saru se hoëprestasie-eenheid, wat deur Erasmus op die been gebring is.

Laasgenoemde se agteruitgang was die rede waarom Jacques Nienaber, Erasmus se jare lange regterhand, en die skrumspesialis Pieter de Villiers koers gekies het.

Die voormalige Bok-losskakel Louis Koen moes hom gevolglik met administratiewe take bemoei, eerder as om die skoppers van die land se onderskeie nasionale spanne op die oefenveld te slyp.

Aan Rapport is gesê Erasmus sal eers sy verpligtinge vir die res van die seisoen by Munster nakom voordat hy terugkeer.

Yarpy Netwerk

WA
WardadPro6,663 posts
28 Mar 2017, 02:20
#2
28 Mar 2017, 02:20#2
 Yarpy Netwerk ? Is that an actual thing mr brycy ?So would it be better in the long run if the Boks lost the series vs France ? If only to be rid of coetzee ?
BR
BrycyPro4,671 posts
28 Mar 2017, 03:08
#3
28 Mar 2017, 03:08#3
....should'nt be a problem losing to France should it
CL
clevermikeCoach57,555 posts
28 Mar 2017, 03:26
#4
28 Mar 2017, 03:26#4
The Stormers used to be reasonable successful when Coetzee was coach and Erasmus was the Director of Rugby for them.  Erasmus in fact was the real coach - Coetzee the dummy.  Thereafter Erasmus move to SARU and the Stormers collapsed comprehensively. 
I think SARU wants to do the same thing here - put Erasmus in as Director of Rugby and let him run the show with Coetzee as the dummy.   That would mean they would not have to get rid of Coetzee and keep the politicos happy.  
Erasmus post as Director of Rugby of SARU was to date never filled and the main poison (Hoskins) has been fired and that would make it easier to convince Erasmus to come back to SA Rugby.   However, Munster lost its Coach recently and may not be happy to release Erasmus. 
Erasmus denied the rumours - but one ne ver knows. 


BE
Beeno1Captain40,032 posts
28 Mar 2017, 08:00
#5
28 Mar 2017, 08:00#5
 Erasmus was of course spotted by Beeno immediately as a great coaching talent and immense rugby brain. Takes one to know one eh oaks!
CL
clevermikeCoach57,555 posts
28 Mar 2017, 08:32
#6
28 Mar 2017, 08:32#6
 Beeno
Be careful - somebody on this site who always knows better - is going to roast you alive for your comments on Erasmus.   He has repeatedly said Erasmus is useless and he is bound to take you apart because of your comments.  
— END OF THREAD —

More from Rugby

More news