If it was factual - why was it not on any other rugby website - like Rugby365, Planet Rugby, News24 or timeslive?
How should I know? Although it's not exactly hidden as the very first simple Google search I did for Stassen and Stade brought me to this mention on SArugbymag.
Since I don't have a Netwerk24 subscription I can't read the article, but to please you I googled the title of the article and found it copied out here.
---------------
Die belowende jong Bul-voorspeler Hendré Stassen gaan nie terugkeer Loftus Versfeld toe nie.
Daar
is op goeie gesag verneem die Franse klub Stade Français het die Bulle
’n ruim bedrag aangebied om Stassen se dienste permanent te bekom.
Die
besluitnemers by Loftus het Stassen, wat tot 2021 ’n Bulle-kontrak
gehad het, reeds in kennis gestel hy hoef nie meer aan die einde van die
maand vir Superrugby-diens in Pretoria aan te meld nie.
Die 21-jarige Stassen, wat ewe tuis op slot en flank is, het die afgelope paar maande groot opgang gemaak in Franse rugbykringe.
Hy
is aanvanklik net aan Heyneke Meyer se span in Parys geleen, maar sy
impak in Stade se agttal was sedertdien so invloedryk dat die voormalige
Springbok-afrigter hom nou by die Bulle afgerokkel het.
Sy
markwaarde het die hoogte in geskiet en die vooruitsig om by die Bulle
met Lood de Jager, RG Snyman en Jason Jenkins mee te ding, het Stassen
se loopbaanbesluit vergemaklik.
Die besluit kom op ’n tyd wat die Bulle sou kon doen met die Boksburg-bielie se fisieke spel.
De
Jager en Snyman, dié franchise se twee voorste slotte, is albei beseer
en ook Eli Snyman, wat hom verlede week uitstekend van sy taak gekwyt
het teen die Leeus, kan nie môre teen die Haaie speel nie.
Die Bulle pak die besoekers nou met ’n saamgeflanste slotpaar van Jenkins en Hanro Liebenberg.
Stassen het verlede maand by Sun City by die groep aangesluit toe die Bulle ’n spanbousessie gehou het.
Dit was glo toe reeds duidelik dat sy kop Frankryk toe staan.
Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het kort daarna by navraag voet by stuk gehou dat Stassen ’n Bul bly.
“Hy
het ’n kontrak met die Bulle en dit moet eerbiedig word. Ons het ’n
leningsooreenkoms (met Stade) en dit is niks meer as dit nie,” het die
BBM gesê.
Afgesien van die kans om Meyer as ’n
mentor te hê, vind Stassen glo aanklank by die voormalige Ierse slot en
kaptein, Paul O’Connell, wat Stade Français se voorspelers afrig.
* Die Bulle het verlede seisoen ook afskeid geneem van die belowende slot Ruben van Heerden.
Van
Heerden, wat soos Stassen ’n Junior Bok is, het ’n kontrak van drie
jaar met die Haaie gesluit en is môre ’n plaasvervanger teen sy ou span.